Novak Djokovic, die wêreld se nommer een tennisspeler, is toegang tot Australië geweier. Hy gaan nou moontlik deporteer word nadat sy visum gekanselleer is. Dit het te doen met ‘n vrystelling wat hy ontvang het om nie die Covid-inspuiting te neem nie.
Djokovic het eergister op sy Instagram geskryf hy is op pad Australië toe, met sy entstofvrystelling. Sy planne is deur grensbeamptes in die wiele gery toe hulle bevind het Djokovic se span het versuim om toepaslike bewyse te verskaf om aan die toelatingsvereistes na Australië te voldoen. Djokovic self het al Covid oorwin.
Die 34-jarige speler is vir ure op die Melbourne-lughawe as gevolg van ‘n visumfout aangehou en is uiteindelik toegang geweier. Sy prokureurs het aangedui hulle gaan teen die besluit appelleer, maar deportasie kan beteken dat sy hoop om later vandeesmaand sy Australiese Ope-titel te verdedig, verby is.
Djokovic, wat herhaaldelik geweier het om te sê of hy teen die koronavirus ingeënt is, het Dinsdag bevestig hy het ‘n vrystelling ontvang om aan die land se top-tennistoernooi deel te neem.
Hier is sy Instagram-inskrywing:



