‘n Perd wat vir amper drie dae op ‘n eiland in die Vaalrivier by Barkly-Wes vasgekeer was, is gered.
Die perd word tans met ‘n konvooi na Kimberley gebring.
FiND iT sal sodra die perd in Kimberley aangekom het, ‘n volledige berig doen wat dié besonderse reddingspoging uiteensit.
Sluit aan by FiND iT se Whatsapp-groep HIER om nie die volgende storie oor dié goed-voel storie te mis nie.
Die perd is met ‘n bootjie vanaf die eiland na die land gebring, maar Marie Wiese sê dit was omtrent ‘n wonderlike reddingspoging. “Daar was so baie mense betrokke.” Die konvooi met die perd word tans deur die Dierebeskermingsvereniging in Kimberley vergesel.
Foto’s verskaf deur Wiese en Genie Coetzer.





Lees die vorige berig hier.



