’n Pa het glo sy 10-maande-oue baba vermoor deur hom wreed aan te rand. Die pa het op 3 Januarie 2022 in die Colingy-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.
Klaas Kgasi (34) sal in aanhouding bly tot hy met sy volgende hofverskyning op 10 Januarie 2022 formele borgtogaansoek kan doen.
Lt. kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting wat ontvang is, het Kgasi en sy meisie ‘n partytjie op Saterdagaand, 01 Januarie 2022, by Tlhabologang-lokasie, Coligny, bygewoon.
Pa vermoor glo baba
Terwyl hy by die partytjie was, het die beskuldigde glo die kind by die ma geneem om hom na sy tante se plek by uitbreiding 3 te neem. Hy het ’n rukkie later teruggekom en die komberse wat hy gebruik het om die baba toe te maak aan die ma oorhandig. Boonop het hy die ma ingelig dat hy die baba by sy tante gelos het en hulle is albei terug na hul plek toe.
Daar word beweer Kgasi se meisie is Sondagoggend 2 Januarie 2022 deur bure gebel wat haar ingelig het oor ’n baba se lyk wat agter hul huis gevind is. Die polisie is ontbied en het ontdek die baba is erg aangerand en het kneusings aan die lyf gehad. Die pa is daarna in hegtenis geneem en van moord aangekla.



