Nuwe liefde en lewe vir die nuwe jaar

Deel hierdie storie / Share this story

Ons almal het baie verloor en baie bygekry in die jaar van 2021, die vooruitsig van ‘n nuwe jaar is ‘n opwindende gedagte. Vir sommiges is daar reeds iets om na uit te sien. Ons gesels met Yolande Conradie (32) oor hulle Nuwejaars-seëning wat hulle in 2022 verwag. Nuwe liefde en nuwe lewe vir die nuwe jaar.

Yolande het haar man, Gert Conradie (34), in 201 deur ‘n vriendin ontmoet. Hulle kyk al na die laaste vier jaar na Yolande se broer se kinders en het onlangs die goeie nuus gekry dat hulle die voltydse ouers van Anthony (4) en Charlene (2) gaan word. Hulle sien uit na die voorreg om die kinders formeel aan te neem en vir hulle die lewe te gee wat hulle verdien.

In 2021 het die gesin ‘n swaar tyd gehad na hulle almal Covid-19 opgedoen het. Twee van hulle gesinslede is gedurende die swaar tyd. Dit maak die feit dat sy in die middel van ‘n “facial” eers die gedagte van ‘n moontlike swangerskap gekry het, soveel meer spesiaal. Na die jaar wat hulle gehaad het, het Yolande bietjie gegaan vir ‘n “pampering“, terwyl sy besig was om met die skoonheidsterapeut te gesels, soos ‘n mens gewoonlik doen, vertel sy vir haar hoe snaaks sy die laaste ruk voel. Sy se toe vir haar dat sy miskien ‘n swangerskap toets moet doen.

“Ek het toe ‘n swangerskaptoetsie gedoen en dit was toe positief! Ek reël toevallig altyd my kinders se Kersfees-fotosessies vooruit em die tema was ‘tussen die sterre’. Ek het die dag net voor die sessie uitgevind dat ek swanger is en toe reël ek met haar om die swangerskapstokkie tussen die sterretjies weg te steek, en my man het dit toe so uitgevind. Ek en my man en die hele familie is baie opgewonde oor die nuwe kleinding wat oppad is.”


Hulle sê hulle gaan definitief hulle kinders vertel van die pandemie. Hulle sien dit as ‘n kans vir die natuur om te herstel. En dat dit vir die mensdom geleer het wat belangrik is in die lewe.

Hulle hoor in Januarie wat die geslag van die baba gaan wees, en is reeds in opgewondenheid besig om die babakamer te versier. Hulle sien baie uit na die nuwe jaar.

“Die rede dat ek so opgewonde is oor hierdie swangerskap en die koms van die nuweling, is dat dit net vir my ‘n droom is wat waar word, dat die vrou van my drome, my sielsgenoot, ons baba kan verwag. Ons kan ons familie en ons huisgesin groei en as ‘n eenheid net van krag tot krag kan gaan in die nuwe jaar. Dit is werklik ‘n droom wat vir my waar geword het,” se Gert.

Anthone en Charlene sien baie uit na die nuwe kleinding wat oppad is. “Ons het hulle vertel dat Liewe Jesus ‘n sterretjie uit die hemel vir ons gestuur het.”

Also see: “Identiese tweeling volg vir 12 weke verskillende diëte.”
Follow FiND-iT on Facebook.