Laer brandstofpryse vanaf Woensdag

Deel hierdie storie / Share this story

2022 skop met goeie nuus af vir motoriste nadat die departement van minerale hulpbronne Maandagmiddag ‘n daling in brandstofpryse aangekondig het.

Die brandstofpryse sal op Woensdag 5 Januarie in werking sal tree.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) is dit grootliks te danke aan die versterking van die rand teen die Amerikaanse dollar nadat die rand in Desember aansienlik gedaal het toe reisbeprekings weens die verspreiding van die nuwe Omikron-variant opnuut vrese oor Suid-Afrika laat ontstaan het. Die rand staan nou weer op R15,88 – ‘n toename van 40c sedert twee weke gelede,” sê die AA.

Die AA sê verder druk moet steeds op die regering geplaas word om die brandstofprys in geheel te hersien, aangesien Suid-Afrikaners steeds veel meer vir brandstof betaal as ‘n paar maande gelede.

Só lyk die nuwe brandstofpryse:

🚕  Petrol (93): Neem met 71c per liter af.
🚕  Petrol (95): Neem met 68c per liter af.
🛻  Diesel (0.05): Neem met 67,8c per liter af.
🛻  Diesel (0.005): Neem met 69,8c per liter af.
🚀  Parrafien: Neem met 71c per liter af.