Ellie Goulding, die 35-jarige sanger van treffers soos ‘Love me like you do’, het op sosiale media bekend gemaak sy sukkel met angs.
Sy het op Instagram geskryf: “Voorspoedige nuwe jaar almal… Die afgelope jaar was die heel beste van my lewe. Ek het ‘n ma geword, die grootste vreugde wat ek ken. Ek het tyd gehad om saam met groot musikante en skrywers te sit en opwindende nuwe musiek gemaak wat ek hoop mense wat dit hoor dieselfde euforiese ontvlugting sal gee as wat ek ervaar het toe ek dit geskryf het.
“Ek het my eerste boek vrygestel, wat vir die hertog en hertogin van Cambridge, die president en Joni Mitchell opgevoer is (en ek kan nie verduidelik hoe dankbaar ek is vir daardie voorreg nie). Ek het ‘n hond en ‘n kat wat vir my lief is, ek het my vriende wat my regtig liefhet, en ek het ‘n man wat my elke dag aanbid en ondersteun.
“Maar hierdie jaar was ook die moeilikste van my lewe. Ek het daagliks, snags, uurliks gesukkel met ‘n soort paniek wat ek nie eers geweet het bestaan nie. Terwyl die oomblikke van op die verhoog wees voor julle almal van die mees opwindende en kalmerende was, het ek hierdie jaar gesukkel. (sic).”
Ellie Goulding sê angs het haar lewe die afgelope paar maande oorgeneem. Die angs het haar lewe en loopbaan bepaal.
“Maar dit het my ook gemaak wie ek is, en soms op my slegste oomblikke, wanneer ek voel daar is geen ontsnapping aan die blote paniek en vrees in my hart en brein nie, herinner ek myself daaraan dat ek kan voel.”
Ellie Goulding het ook haar volgelinge aangemoedig om met iemand te praat as hulle deur ‘n soortgelyke stryd gaan. Sy het gesê: “Om te praat en oop te maak, is die moeilikste, en die beste ding wat jy kan doen. Die lewe is ‘n kosbare ding en om te sien hoe Arthur (8 maande oud) elke dag groei, gee my soveel hoop. “Ek het soveel liefde en energie vir enigiemand wat hierdeur gaan. Kom ons kom saam hierdeur.”
Bronne: Daily Mail, People



