’n Video wat bespiegel het die polisieminister, Bheki Cele, se dogter, Khumbuza Cele (24), het sonder onderklere by ’n Nuwejaarspartytjie gedans, het die naweek die tonge los gehad.
Die insident het glo by die Coco-nagklub in Kaapstad plaasgevind waar Khumbuza haar 24ste verjaarsdag gevier het. Volgens bronne was Cele ook by die partytjie.
Al wat ’n sosialemediabeïnvloeder is het op die appelkar gespring en kritiek op die video gelewer.
Cele sê dis nie sy dogter nie
Cele het egter Sondagaand aan eNCA gesê alhoewel die vrou in die video dieselfde naam as sy dogter het, dit nie sy dogter is wat sonder onderklere op die video dans nie.
Hy het ook voortgegaan om te sê hy sal die nodige regstappe neem indien die video nie verwyder word en daar om verskoning gevra word nie.
Kyk hier na die video:



