13 Dae oue baba se lewelose liggaam langs pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ’n 13 dae oue baba is langs die N12 op pad na Stilfontein buite Klerksdorp gevind. Die babaseuntjie is op 1 Januarie 2022 deur ’n motoris opgespoor wat die polisie in kennis gestel het.

Lt. kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die baba wat se hande en bene met ’n plastieksak vasgebind was, is gevind in ’n grys broekie met ’n wit frokkie en bedek met ’n lap.

Baba het kneusplekke aan die lyf gehad

Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die baba kneusplekke aan die lyf gehad het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ondersoek na die saak duur steeds voort.

Die polisie versoek enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek om Stilfontein speurbevelvoerder, lt. kol. Johannes Mokgosi by 082 416 1303 te skakel.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.