Die raaiselagtig verhaal van Martha Jean Lambert se verdwyning

Deel hierdie storie / Share this story

Wanneer een van jou kinders verdwyn is dit een van die mees traumatiese ondervindings wat enige familie kan deurgaan. Waar is jou kind? Lewe hulle nog? Wie sou hulle vat? Jy word oorweldig met vrae en jou wêreld gaan staan stil. 

Martha Jean Lambert het in 1985 verdwyn en is nooit weer opgespoor nie. Alhoewel Martha Jean Lambert se broer, David Lambert, in 2010 gebieg het dat hy weet waar sy suster se lyk is, is die saak onopgelos gesluit.  

David, toe 14 jaar oud, was die laaste persoon om sy suster Martha Jean, toe 12 jaar, lewend te sien. Die twee het in die strate en by ‘n ou verlate universiteitsgebou gespeel toe Marha Jean net spoorloos verdwyn het.  

Die gesin het uitmekaargeval soos wat die maande en toe jare verby gegaan het sonder enige bewyse dat Martha Jean wel dood is. David se gewete het hom gepla en hy het homself aan die polisie oorgegee en ‘n verklaring geteken. Sy ma is in kennis gestel, waarna sy sonder twyfel gesê het dat sy David nie glo nie, dat hy al van kleins af stories opgedis het om aandag te kry. David het kort hierna sy verklaring teruggetrek. Wat was sy rede hiervoor? Hy het net vir die polisie vertel wat hulle wou hoor. 

In die verklaring het hy geskryf dat hy en sy suster in die verlate gebou gespeel toe sy suster hom nog vir geld gevra het. Hy het nee gesê, en sy het hom geslaan. Uit verdediging het hy haar gestamp en sy het met haar kop op ‘n staalpyp wat uit die grond gesteek het, geval.  

David het ook in die verklaring genoem dat hy haar probeer ophelp het, maar besef het dis te laat, sy suster is dood. Hy het ‘n ou padteken gevat om ‘n graf te grawe en sy suster te begrawe. David Lambert het op twee verskillende geleenthede vir die polisie ‘n kaart geteken van waar hy sê hy sy suster begrawe het, maar die polisie het tevergeefs daar gaan soek. Niks is gevind nie.  

Hy sê ook in die verklaring dat hy te bang was om sy ma te vertel wat gebeur het, maar dat hy jare later nie langer kon stilbly nie. Al dink die polisie dat David wel skuldig is, het hulle nie genoeg bewyse teen hom gehad om hom van die moord aan te kla nie.

Martha Jean Lambert se saak was die langste aktiewe vermiste persoon-saak in die Amerikaanse geskiedenis en bly so tot vandag toe.  Dit is amptelik gesluit met geen einde aan die geheimsinnige saak nie.

Gaan lees gerus wat die wet sê oor jou kleredrag by die werk.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.  

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].  

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.  

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.