Dogter (16) deur pa doodgeskiet toe hy haar vir inbreker misgis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tienermeisie (16) is deur haar pa doodgeskiet toe hy haar vir ‘n inbreker misgis het.

Die voorval het Woensdagoggend vroeg in Columbus in Ohio plaasgevind. Die polisie is omstreeks 04:30 na die toneel ontbied.

The Independent berig die meisie is geskiet ná die huis se sekuriteitstelsel geaktiveer is.

Die oproep wat deur die meisie se ma na die polisie gemaak is, duur volgens The Independent vir ongeveer agt minute. Janae Hairston (16) se pa vra ontsteld in die agtergrond wat dogter dié tyd van die oggend in die motorhuis gemaak het.

In die oproep is dit hoorbaar hoe Janae se ma en pa haar probeer wakkermaak, voor hulle die persoon aan die ander kant van die lyn ‘n paar keer vra hoe lank die polisie gaan neem om daar aan te kom.

Polisie het vyf minute na die oproep geplaas is, op die toneel aangekom.

Janae is dadelik na die hospitaal geneem, waar sy ‘n uur later oorlede is.

Sy was ‘n leerling aan die Canal Winchester Hoërskool.