Moets en moenies vir goeie drome

Deel hierdie storie / Share this story

Slaap is ‘n belangrike komponent van ‘n mens se lewe.  Wanneer jy die nodige hoeveelheid kwaliteit slaap inkry, is jy deur die loop van die dag meer waaksaam, oor die algemeen in ‘n beter bui en geneig om gesonder keuses te maak. 

Nog ‘n ding wat slaap vir mense doen, is dat dit drome moontlik maak. Drome kan ‘n kragtige manier wees om met jou onderbewussyn te kommunikeer. Dit kan insig gee oor hoe om sekere situasies in ons lewens te hanteer. Maar soos enigiemand wat ná ‘n nagmerrie in ‘n koue sweet wakkergeskrik het, weet ons dat nie alle drome goeie drome is nie. Die goeie nuus is dat slaapkenners wenke het om jou te leer hoe om goeie drome te hê. 

Dr. Breus stel voor dat jy niks met negatiwiteit te doen het 90 minute voor jy gaan slaap nie, want jou brein het tyd nodig om dinge te verwerk.

Alkohol onderdruk alle drome, goed of sleg, sê Dr. Lauri Loewenberg, droomontleder en skrywer van die boek Dream on It: Unlock Your Dreams, Change Your Life.

Hou ‘n droomjoernaal. Dit kan jou help om te ontsyfer wat jou drome jou wil vertel. Dit is terapeut, Annie Armstrong Miyao, wie se werk op droomwerk gefokus is, se mening.

Moenie kafeïene na middagete drink nie en probeer om ook nie te eet net voor jy bed toe gaan nie.  

As jy ‘n moeilike gesprek het voor jy inkruip kan dit daartoe lei dat jy kwaad of geïrriteerd raak, wat dan beteken dat jy nie lekker slaap nie.

Lees hier van die Rus Tatiana se ervaring van Suid-Afrika.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.  

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].  

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.  

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.