Boulders Strand is ‘n beskutte strand in Kaapstad. Hierdie is een van die mees bekende vakansiepunte vir mense regoor Suid-Afrika. Een van die grootste aantreklikhede by Boulders Strand is die kolonie Afrika-pikkewyne wat hul in 1982 daar gevestig het. Die strand vorm ook deel van die Tafelberg Nasionale Park.

Die toename in toeriste wat die strand besoek het, het vele probleme opgebring. Die area is tans onder bestuur van die Kaapse Skiereiland. Die pikkewyne kan ook nie meer vrylik rondloop nie en word nou deur heinings beperk.
As gevolg van die Covid-19-pandemie en ‘n groot groep vakansiegangers is die area tot verdere kennisgewing gesluit. Boulders Strand het sy kapasiteit oorskry en sal eers weer oopmaak wanneer daar voldoende spasie beskikbaar is vir ander vakansiegangers.

Volg gerus vir Kimberley Online Co vir jou nuutste gemeenskapsnuus.
Lees ook hier oor Jorina se lesse wat sy geleer het in 2021.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



