Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is op die ouderdom van 90 in Kaapstad oorlede.
President Cyril Ramaphosa het sy hartseer oor sy heengaan uitgespreek en gesê Tutu was patrioties. Tutu, ‘n Nobelpryswenner, het aan prostaatkanker gely.
Tutu is in 1984 met die Nobelprys vir Vrede bekroon vir sy rol as ‘n verenigende leier in die veldtog om apartheid te beëindig.



