Nataniël se Franse vlaskywe

Deel hierdie storie / Share this story

Baie glanspersoonlikhede kan kosmaak, maar min mense kan kook en kosmaak soos Nataniël.

Die Franse vlaskywe is ‘n unieke Franse resep deur Nataniël en sy broer, Erik le Roux, wat hulle op hul onvergeetlike kosreis deur Nantes, Frankryk gemaak het.

Bestanddele

100g sagte botter
5 e heuning
3 eiers
2 t vanieljegeursel
1 k bruismeel
knippie sout
350ml gewone jogurt
1 k melk
botter vir pan

Metode

Verroom botter en heuning in mengbak.
Klits eiers en vanieljegeursel by.
Voeg meel en sout by, meng goed.
Meng jogurt by.
Meng melk by.
Gooi in gesmeerde vierkantige of reghoekige oondvaste tertbak en bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 45 minute.
Laat afkoel en sny in vierkantige skywe.
Bedien in piekniekstyl op uitsonderlike servette.