Die VSA se voedsel- en medisynereguleerder (FDA) het vandeesweek Pfizer se teenvirale Covid-19-pil, Paxlovid vir hoërisikomense van 12 jaar en ouer goedgekeur, maar dié behandeling moet deur ‘n dokter voorgeskryf word.
Hierdie pil bestaan uit twee soorte tablette en kan by die huis geneem word voordat mense te siek raak, om te verhoed dat hulle in die hospitaal opgeneem moet word.
Brittanje het ook intussen ingestem dat kinders tussen die ouderdom van vyf en 11 jaar oud ook teen die virus ingeënt mag word.
‘n Kliniese proefneming van Pfizer toon dat die behandeling met dié pil die risiko van hospitalisasie of dood met 89% verminder, as dit aan volwassenes met ‘n hoë risiko gegee word, binne ‘n paar dae na hul eerste simptome ontwikkel.
Volgens pres. Joe Biden is hierdie ‘n bewys van die mag van wetenskap, die resultaat van Amerikaanse innovering en vindingrykheid. Hy belowe om die wetgewing in te stel om Pfizer te help om die produksie van die pil te verhoog.
Die FDA het gesê dat dié pil eerder inenting teen Covid-19 moet aanvul as vervang, omdat entstowwe steeds aan die voorpunt van die stryd teen die virus bly.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Mooiste Pippie: 10 jaar later
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



