Huishoudelike geweld raak die norm

Deel hierdie storie / Share this story

Sandy Brown, Michelle Kemp, Judy Bednar en Maryam Hamka is maar net ‘n paar vrouens op die lys van 46 vrouens wat in 2021 wreedaardig deur eggenote of familielede vermoor is.

Huishoudelike geweld wat moord tot gevolg het is ongelukkig die nare realiteit van ons wêreld. Niemand kan met sekerheid sê dat hulle dit sal vryspring nie. Dit kan ook op geen manier gekeer word nie.

In Australië is daar verskeie veldtogte geloods teen hierdie tipe geweld, soos The Australian Femicide Map en The Memorial to Women and Children Lost to Violence.

Sandy Brown (47) is op 13 Maart vanjaar herhaaldelik deur haar eggenoot met ‘n mes gesteek. Michelle Kemp (50) is in Junie ook deur haar man, Neville Michell, doodgesteek. Neville het hulle dogter ook aangeval, waarna hy sy eie lewe geneem het.

Michelle se dogter het kort na die voorval aanThe Red Heart-veldtog gesê: “Hy was ‘n bom wat enige tyd kon ontplof. Hy was ‘n narsistiese kindermolesteerder en ‘n vroueslaner. Dit was van die begin af ‘n gewelddadige verhouding en ongelukkig het hy daarin geslaag om haar dood te maak. Hy het gesê hy gaan. Ek is bly hy is dood, en ek gaan vanaand vir die eerste keer in 38 jaar slaap.”

Huishoudelike geweld is nie noodwendig net tussen man en vrou nie. Op 13 Augustus 2021 is Susan Murray en haar man, Glenn, deur hulle seun vermoor. Graeme Murray (46) is aangekla vir die moorde.

Nog ‘n harde realiteit is dat daar soveel mense is wat stilbly oor hierdie probleem, eerder as om hulp te gaan soek.

Volg die hele storie hier.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Minister swem 12 uur tot by land na helikopterongeluk