Vyf kinders dood nadat hulle van springkasteel val

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf kinders is dood en nog vier is beseer tydens n fratsongeluk toe hulle van ’n springkasteel afgeslinger is nadat ’n sterk rukwind die springkasteel geskep en die lug geskiet het. Wat ‘n pretdag by hulle laerskool moes wees, het in ‘n ondenkbare tragedie vir hierdie kinders verander.

Polisieverslae het bevestig die springkasteel is tydens ’n laerskoolpartytjie sowat 10 meter hoog deur ’n sterk rukwind in die lug opgeskiet. Die insident het in Tasmanië, Australië plaasgevind.

Vier van die vyf kinders, twee seuns en twee meisies, was in graad. 5 en graad. 6. ’n Vyfde kind is later weens ernstige beserings in die hospitaal oorlede.

Na wat verneem word, het reddingshelikopters en ambulanse na die toneel gehaas wat omstreeks 10:00 plaasgevind het.

Ouers en versorgers het hulle na die toneel gehaas, sonder om te weet of dit hulle kinders is wat geraak is.

’n Ondersoek is tans aan die gang.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.