Spec-Savers: Die Brand-broers

Deel hierdie storie / Share this story

Darryn (35) en Griffin Brand (31), optometriste by Spec-Savers in die stad, sê hulle wou albei na skool in die mediese rigting studeer het.

Darryn, wat by Spec-Savers North Cape Mall werk, was in Boys High School en is al vir ses jaar met sy vrou, Ilze, getroud. Sy is ook ’n oogkundige by Spec-Savers en die paartjie het twee kinders, Connor (3) en Aiden (1) saam.

Griffin, wat by Spec-Savers Diamond Pavilion Mall werk, was in Hoërskool Noord-Kaap en is nog nie getroud nie, maar wel in ’n verhouding.

Beide is in Kimberley gebore en het hier grootgeword.

“Spec-Savers is Suid-Afrika se vooraanstaande oogkunde-groep wat toegewy is om die beste oogsorg teen die beste prys te lewer. Die groep het in Mei 1993 in Port Elizabeth begin en dit het ’n groot sukses geword. Teen Augustus 1995 het Spec-Savers al na 24 winkels gegroei. Van daar af het Spec-Savers net van krag tot krag gegroei en staan nou op oor die 250 praktyke landswyd asook praktyke in Namibië, Lesotho en Botswana.”

“Die sukses van die groep is gebaseer op ’n dinamiese besigheidskonsep. Spec-Savers is toegewy om ’n kombinasie van professionele standaarde en kwaliteit oogsorg wat beskikbaar is teen bekostigbare pryse aan die publiek te verseker, sonder om te kompromitteer op ons standaarde.”

Familietyd is vir die twee baie belangrik, maar oor naweke sal jy vir Darryn op die krieketveld en vir Griffin op die skietbaan en jagveld vind.

“In ons praktyke lewe ons volgens die motto:  ‘Customers may forget what you said but they will never forget how you made them feel.’ Ons streef altyd daarna om ’n pasiënt beter te laat voel wanneer hulle uitstap, as wat hulle gevoel het toe hulle instap. Kliëntediens is natuurlik die belangrikste element van enige besigheid.”

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.