Die vyf beskuldiges wat teregstaan op ‘n driedubbelde moord sal op 5 September 2022 in die hooggeregshof in Kimberley begin, het die streekshof op Hartswater aan FiND iT bevestig.
Kgomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (37), Donald Seoleseng (20), Tsepaone Melato (20) en Realeboga Mayedi (20) het Breggie Brand (73), haar man, Dan (83) en hul dogter, Elzabie (54) op 26 Julie 2020 in hul huis op ‘n hoewe buite Hartswater oorrompel en vermoor.

Foto: Netwerk 24
Die beskuldiges is almal deur polisie en veiligheidstrukture laat dié aand en die daaropvolgende Dinsdagoggend gevang.
Nadat hulle Dinsdag in die streekshof op Hartswater verskyn het, is die saak van moord na die hoggeregshof in Kimberley verwys.
Die beskuldiges staan tereg op drie aanklagte van moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede en drie aanklagte van dwarsboming van die gereg.
Nadat daar ‘n soektog na die Brand-gesin geloods is, is hul liggame in die veld in die buitewyke van Taung gevind. Hulle is wreed vermoor.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Vermiste Jené Theron weer gevind
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



