Jené Theron (21) sedert Woensdag vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die 21-jarige Jené Theron is sedert Woensdag vermis. Haar ma, Janet Muller, is rasend van bekommernis.

Volgens inligting wat die familie het, is Jené Woensdag om 14:00 laas by The Lapa naby Canary Walk in Nelspruit gesien toe sy deur iemand opgelaai is.

Janet sê Jené se selfoon is gesteel en sy het dus sedert haar verdwyning nog geen kontak met enigiemand gemaak nie.

Janet het haar dogter as vermis aangemeld en het ook verskeie organisasies soos Pink Ladies gekontak om hulp te kry om haar op te spoor.

Indien jy enigiets weet, kontak Janet by 083 550 0005.

Hierdie verdwyning volg kort ná die 25-jarige Katrien Griessel se verdwyning wat ook opslae gemaak het. Lees die artikel hier.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.