Is Jan Ellis-poeding jou gunsteling? Kersfees staan al nader en almal beplan alreeds vooraf wat hulle gaan maak om te eet. So wanneer jy voorberei vir die groot fees, moenie van die poeding vergeet nie!
Bestanddele vir Jan Ellis-poeding:
Beslag:
- 5 ml koeksoda
- 125 ml melk
- 375 ml bruismeel
- 125 ml witsuiker
- 2 eiers
- 30 ml fyn appelkooskonfyt
- 25 ml sagte botter/margarien
- 1 ml sout
Sous:
- 250 ml water
- 250 ml room
- 250 ml botter/margarien
- 250 ml witsuiker
- 5 ml vanieljegeursel
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.
- Bespuit ‘n poedingbak met ‘n volume van 2l met kleefwerende kossproei.
- Los die koeksoda in die melk op. Meng die res van die beslag se bestanddele, roer die sodamelk by en meng dit goed. Skep die beslag in die bak – moenie ‘n kleiner bak gebruik nie, al lyk die beslag bietjie min. Bak die poeding 25 tot 30 minute lank.
- Verhit al die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Giet die warm sous bietjiesgewys oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.
- Laat dié poeding ‘n rukkie staan sodat die sous kan intrek. Sit dit louwarm voor met vla of roomys. Heerlik verby!
- Lewer 6 tot 8 porsies.
Resep ingestuur deur Hester Chalmers.

Volg Kimberey Online Co. op Facebook hier en kry meer resepte hier.



