Heerlike romerige sampioensous

Deel hierdie storie / Share this story

Die naweek is hier en dis tyd om te braai!

Hier is ‘n heerlike romerige sampioensous wat jy die naweek kan maak om saam met jou steak voor te sit.

Bestanddele:

Hierdie resep is genoeg vir 6 mense

1 pakkie sampioene, in skywe gesny

1 ui, fyn gekap

halwe teelepel knoffel

1 k meel

1 k melk

200 ml room

1 k kaas van jou keuse, gerasper

Metode:

Braai die sampioene in ‘n ‘n pan vir die beste resultate, moet nog nie sout en peper byvoeg nie. Dit help dat die sampioene bruin en effens bros word vir die beste tekstuur.

Voeg nou die ui & knoffel by. Braai alles saam en voeg sout en peper na smaak by.

Meng meel, melk en room vir die sous. Roer goed om enige meelklonte uit te werk en kook sous tot verdik.

Meng die kaas by en kook vir 2 minute.

Jy kan hierdie sous vir vleis, hoender, aartappels of pasta gebruik.