Vermiste Katrien na byna ‘n week opgespoor

Deel hierdie storie / Share this story

Katrien Griessel (25), wat verlede week Vrydag in Benoni vermis geraak het, is opgespoor en is nou veilig by die huis.

Haar tannie, Ronelda Griessel Momberg, het FiND iT omstreeks 18:40 in kennis gestel dat Katrien nou veilig by die huis is.

“Sy praat nie juis veel nie. ‘n Vrou het my gebel en gesê hulle het haar gekry. Sy is nou veilig hier by die huis. Ons sal dit maar daarvandaan vat.”

Katrien het Vrydag verdwyn ná sy vir haar familie gesê het dat sy vriende op Brakpan sou ontmoet. Haar ma, Sarietta, en Ronelda was rasend van bekommernis. Ronelda het vroeër in ‘n onderhoud aan FiND iT gesê dat hulle vreemde SMS’e van Katrien ontvang het, maar dat hulle vermoed het dié boodskappe kom nie van haar af nie. Lees die vorige berig hier.

Meer inligting oor Katrien se verdwyning is nog nie bekend nie.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.