‘Oscar moet sy vonnis uitdien’

Deel hierdie storie / Share this story

“Hy is vergewe, maar moet sy volle termyn uitdien,” so sê June Steenkamp, die ma van vermoorde Reeva Steenkamp. Reeva was Oscar Pistorius se vriendin, voordat sy deur hom op Valentynsdag in 2013 in sy woning vermoor is.

Op Good Morning Britain het Reeva se ouers in ’n eksklusiewe onderhoud oop kaarte met die res van die wêreld gespeel deur te erken dat hulle steeds gegrief is oor Oscar Pistorius se dade, en hulle kind oneindig mis.

Die ouerpaar openbaar dat hulle geweldig gegrief is deur die feit dat hy skaars die helfte van sy termyn uitgedien het.

June voel dat Pistorius nie kwalifiseer vir parool nie, en dat hy tot dusver geen berou of emosie getoon het vir die moord op haar dogter nie. Sy berou was nooit opreg nie.

Die feit dat hy sy getuienis drie maal verander het, is ’n bewys dat hy niks vir haar lewe gevoel het nie.

Reeva was ’n LL.B. student met ’n suksesvolle toekoms as TV-persoonlikheid voor haar.

“Die gewelddadige moord op ons dogter is ’n gruwelike affêre waarvan ons nie kan ontsnap nie,” sê June.

Barry Steenkamp sê tydens die onderhoud dat hy oop is vir ’n gesprek met Pistorius en alhoewel hulle hom vergewe, behoort sy vonnis nie ligter te wees nie.
Pistorius kom reeds in aanmerking vir parool alhoewel die paroolraad geen besluit tot dusver daaroor geneem het nie. Pistorius sowel as die Steenkamps is wel oop vir ’n gesprek rakende sy parool.

Volg die onderhoud hier.

Volg FiND iT hier op Facebook.