R100 000 vir Werner Kok se truie

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is steeds geen teken van Werner Kok se Blitsbok-truie nadat dit op 1 Desember uit ‘n stoorfasilitiet in Kaapstad gesteel is.

Werner Kok het verlede week op sy sosialemediablad gesê hy loop met ‘n swaar hart rond sedert die insident.

“Tien jaar se harde werk in 10 minute gesteel. Van my Olimpiese Spele-trui tot elke spesiale geleentheid waarby ek al betrokke was, is net weg. Hierdie items is my nalatenskap, iets wat ek eendag met my kinders en my gesin wou deel. Dit is vir my meer werd as wat enige een ooit sal weet.”

Richmark Holdings in samewerking met SA Rugby Legends het intussen ‘n beloning van R100 000 aangebied vir inligting wat lei kan tot die opsporing van hierdie truie “wat vir Werner van onskatbare waarde is en wat eindelose herinneringe van ‘n trotse en vooraanstaande Sewesrugbyloopbaan inhou.”

“Nog nooit in my lewe het ek sulke vriendelikheid en vrygewigheid ervaar nie. Dankie aan Gavin Varejes, @eduardcoetzee @sarugbylegends @sharksrugby en Richmark Holdings vir wat julle vir my gedoen het. Aan elke enkele persoon wat gedeel het en help om die woord te versprei, julle sal nooit weet hoeveel ek dit waardeer nie. Werklik oorweldig deur al jou ondersteuning die afgelope paar dae,” skryf Kok op sy sosiale media.

Indien jy enige inligting het, stuur ‘n e-pos na [email protected].

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Jonger generasie laat Covid-19-syfers styg