Twee seekoeie toets positief vir Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

Twee seekoeie in België het positief vir Covid-19 getoets, wat moontlik die eerste gevalle van die koronavirus by dié spesie kan wees.

Volgens Reuters is die twee seekoeie Imani (14) en Hermien (41) in isolasie geplaas en het geen ander simptome as ’n loopneus nie.

Francis Vercammen het aan Reuters gesê die virus word hoofsaaklik wêreldwyd by ape en groot katte aangemeld en dat dit moontlik die eerste keer dat Covid-19 by seekoeie gediagnoseer is.

Daar word geglo die koronavirus is van ’n dier na die mensdom oorgedra en dat die virus weer aan diere oorgedra kan word.

Covid-19-infeksies in dieretuindiere en troeteldiere is regoor die wêreld aangemeld.

Die dieretuin van Antwerpen ondersoek die oorsake van die besmetting. Nie een van die dieretuinbewaarders het onlangs Covid-19-simptome getoon of positief getoets vir die virus nie, het die dieretuin gesê.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.