GQEBERHA. – Die reeksverkragter Thembenkosi Ngcolomba (44) is Woensdag in die Gqeberha-hooggeregshof tot ses keer lewenslank gevonnis.
Ngcolomba het in 2016 begin verkrag en het aangehou tot hy in 2018 aangekeer is. Hy het vanaf 2018 in aanhouding gebly tot en met sy vonnisoplegging.
Hy het ses slagoffers, van wie drie meer as een keer, verkrag.
Die waarnemende provinsiale kommissaris, genl.maj. Zithulele Dladla, het die ses keer lewenslange tronkstraf verwelkom.
Ngcolomba is vyf maal 20 jaar tronkstraf vir verkragting en ses maal 15 jaar gevangenisstraf vir roof opgelê..
Die vonnisse van 20 en 15 jaar sal saam met die ses lewenslange vonnisse uitgedien word.



