Wat is die groot bohaai oor ‘n testament?

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Testament is daar sodat jou wense na jou dood nagekom kan word. So maklik soos dit. Of is dit nie?

FiND iT, saam met Kobus Kühn, van North Financial Services, bring vir jou elke dag vir die volgende sewe dae antwoorde op jou moeilike vrae oor testamente.

‘n Gewone testament kos gewoonlik R575 om op te stel, maar vir die maand van Desember, doen Kobus Kühn en sy span dit vir jou gratis! As jy belangstel om jou testament te laat opstel, sluit HIER by die Whatsapp-groep aan en ‘n konsultant sal jou skakel.

Ons vraag vir die dag is: Wat gebeur as ek nie ‘n testament het nie?

Nee, alles gaan nie na die staat toe nie soos baie mense glo nie. Jy sterf “intestaat” en jou boedel sal volgens die wet op intestate erfopvolging beredder word.

Volgens die wet op intestate erfopvolging is daar ’n standaard vererwing formaat. Die probleem hiermee is egter dat jou bates nie verdeel word soos jy graag sou wou nie. Daar mag dalk iemand wees vir wie jy iets wou agterlaat, wat nie onder die wet op intestate erfopvolging gaan erf nie. Die groter probleem is egter wanneer daar minderjarige kinders is. 


In so ‘n geval sal die meester ‘n voog oor die kinders aanstel, wat weereens nie noodwendig die persoon is wat jy wil hê na jou kinders moet omsien nie. Die ander probleem is, omdat hul minderjarig is, sal die bates na die voogdyfonds gaan waar die meester van die hooggeregshof ‘n tutor of kurator aanstel wat die fondse sal bestuur. Die meester stel dan ook ‘n eksekuteur aan. Dink net vir ‘n oomblik aan die situasie waarin jou geliefdes hulself sal bevind. In hierdie onseker tyd moet hulle met iemand totaal onbekend werk. Sou jy nie eerder met iemand wou werk wat jy ken en vertrou gedurende hierdie moeilike tyd nie? 


Deur ‘n testament op te stel, kan jy vooraf bepaal wie erf en ook wie die groot taak sal ontvang om jou kinders groot te maak sou jy nie meer daar wees om dit te doen nie. Jy kan ook vooraf bepaal wie die taak sal ontvang om jou kinders se finansies te bestuur tot hulle oud genoeg is om dit self te doen. 


Wat ook baie belangrik is om van kennis te neem, is dat jy dan ook vooraf kan bepaal wanneer hulle hul erfporsie sal ontvang. Dit sal egter nie die geval wees sou jy nie reeds ‘n testament in plek het nie. Jou kinders sal hulle erfporsie ontvang sodra hulle 18 jaar oud is vanaf die voogdyfonds. Wat sou jy doen op 18 met ‘n groot som geld in die bank? Maak seker jy beskerm jou kinders se erfporsie deur ‘n testament in plek te sit. 

As jy nie wil sterf sonder ‘n testament nie of jy soek net raad, klik hier.