DURBAN. – Die verminkte oorskot, vermoedelik dié van ‘n tiener, is die naweek hier in ’n mangat gevind.
Kol. Thembek Mbele, polisiewoordvoerder, sê die Cato Manor SAPD vra vir die gemeenskap se bystand om ’n saak van moord op te los ná die grusame ontdekking van menslike oorskot in Cato Manor.
LEES OOK: Headless body falls out of cannibal’s car after accident
Verminkte oorskot
“Daar word beweer dat die verminkte oorskot, wat vermoedelik dié van ‘n tiener is, op 27 November 2021 om 12:30 in ‘n mangat in Scelobarlaan in Cato Manor gevind is. ’n Saak van moord word deur die Cato Manor SAPD ondersoek.
Inligting gesoek
“Ons doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die saak op te los of om die naasbestaandes op te spoor. Speurder Soombramonie, die ondersoekbeampte kan by 072 885 8036/031 203 300/57 gekontak word. Crime Stop kan ook by 08600 10111 gekontak word.”
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.



