PAMPIERSTAD. – Kabels van 21 huise wat glo deur ’n onwettige kontrakteur vir mense gekoppel is, is Vrydag deur Eskom sowel as die polisie verwyder.
Hierdie huise in Pampierstad het gratis elektrisiteit gebruik.
Volgens sers. Dikeledi Gopane, polisiewoordvoerder, het huiseienaars R3 000 elk aan ‘n onwettige kontrakteur betaal vir hierdie onwettige verbinding. Die onwettige kontrakteur is glo tans besig om dieselfde elektrifiseringsproses in Tlapeng Village in die Noordwes-jurisdiksie voort te sit.
“Die geïdentifiseerde huise het nie meterbokse gehad nie en het elektrisiteit gratis gebruik wat Eskom baie geld gekos het. Dit het gelei tot voortdurende beurtkrag in die omgewing van Pampierstad.”
’n Saakdossier is geopen en ’n ondersoek is tans aan die gang om die verdagte wat verantwoordelik is vir die onwettige verbinding aan te spreek.
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer oor oor onwettige elektrisiteit hier.



