Covid-19: Positiewe gevalle bly styg

Deel hierdie storie / Share this story

Nog 2 273 positiewe gevalle van Covid-19 is binne die laaste 24 uur aangemeld. Die positiwiteitskoers staan nou op 10,7%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), is daar tans 24 418 aktiewe gevalle van die virus en ‘n totaal van 2 849 439 gevalle sedert die uitbreking van die pandemie.

Hiervan het 2 849 439 persone reeds herstel.

Nóg 25 nuwe sterfes is ook intussen aangemeld wat die totale sterftesyfer nou op 89 822 bring.

Gauteng is steeds die provinsie met die meeste gevalle (84%) en die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat steeds die minste met slegs 1% elk.

Volgens Nios is nog 79 persone in die laaste 24 uur voor die uitreik van die laaste verslag in die hospitaal opgeneem vir die behandeling van Covid-19. Daar word tans 2 3 28 persone landwyd vir die virus behandel.

Daar is intussen nog 166 084 dosisse entstof toegedien.

Volg FiND iT hier op Facebook.