Ashestraat lyk vir inwoners van Klisserville soos ’n slagveld met al die slaggate. Hierdie pad is ’n baie besige pad, aangesien dit ’n roete na PGC-vulstasie, sowel as Econo Foods is.
Janinda Prinsloo, ’n inwoner van die gebied, sê ’n tyd gelede is dele van die pad opgekap en vir meer as ’n week net so gelos.
“Die dele wat opgekap is, is wel na ’n lang tyd herstel, maar steeds is daar nog baie slaggate in die pad. Mens moet net koes en keer. Mens lyk soos ’n dronk mens as jy daar af bestuur. Mense jaag ook verskriklik op die pad en kan dan nie vinnig genoeg die slaggate raaksien nie.”
Kimberley Online Co. het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.
Volg Kimberley Online Co. op Facebook hier en lees meer oor slaggate hier.



