Beperkings op oningeëntes sê Cosatu

Deel hierdie storie / Share this story

Cosatu, die vakbondfederasie het Maandag op president Cyril Ramaphosa se toespraak reageer en gevra daar moet strenger reëls vir persone wat nie die Covid-19-inenting gekry het nie, ingestel word, veral teen dié wat weier om ingeënt te word.

“Enige beperkings vorentoe moet opgelê word aan diegene wat versuim om ingeënt te word. Diegene wat ingeënt is, moet toegelaat word om aan te gaan met die lewe. Aansporings en belonings moet gebruik word om almal aan te moedig om hulle te laat inent,” het Cosatu gesê.

Die federasie het gesê onvoldoende vordering word tans gemaak om mense op te voed en te oorreed om die inenting te neem.

Cosatu sê dit wil werkers beskerm

Cosatu is glo ook gereed om die regering te betrek om werknemeners te beskerm en te verseker dat almal ingeënt word.

Cosatu het bygevoeg Suid-Afrikaners moet nou gesamentlik betrokke raak by die vereiste van inentings om openbare ruimtes, winkelsentrums, restaurante en geleenthede soos sportgeleenthede te betree.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meet oor die inenting hier.