Sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siekte (NIOS) se vorige verslag oor Covid-19, is net minder as 30 000 toetse gedoen en 2 858 nuwe gevalle is bevestig – wat die positiewe koers nou op 9,8% te staan bring.
Ses sterftes is ook intussen aangemeld. Die totale aantal sterftes staan nou op 89 797.
Die meeste getalle is steeds in Gauteng en die minste in die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap.
Nog 18 persone is ook in die hospitaal opgeneem en op die oomblik word 2 232 mense landwyd vir die virus behandel.
Net 11 898 dosisse entstof is Sondag toegedien.
Die aantal positiewe nuwe gevalle (9,8%) is hoër as ‘n dag vantevore (9,2%).




