PAS BEKEND: Skokkende stygings in brandstofpryse kom Woensdag

Deel hierdie storie / Share this story

Die amptelike brandstofpryse wat op Woensdag 1 Desember in werking sal tree, is pas deur die departement van energie bekendgemaak.

🚕 Petrol (beide 93 en 95): Styg met 81c per liter
🛻 Diesel (0.05): Styg met 72,5c per liter
🛻 Diesel (0.005): Styg met 74,5c per liter
🚀 Parrafien: Styg met 42,2c per liter

‘n Liter petrol sal jou nou meer as R20 kos.

Aan die begin van November is petrolpryse met R1,21 per liter verhoog, terwyl diesel met R1,48 per liter gestyg het.

Die jongste brandstofprysverhoging kom net voor Suid-Afrika se reisseisoen.

“Dit is belangrik om te besef dat brandstofpryse wêreldwyd die hoogte inskiet weens aanhoudende hoë ruoliepryse,” het die departement gesê. “Rekord pomppryse is in baie ander lande ervaar,” sê die departement van energie.

Plaaslike brandstofpryse word deur internasionale oliepryse bepaal – sowel as die dollar-randwaarde, aangesien Suid-Afrika olie in dollar koop.

Die jongste brandstofprysverhogings kan grootliks toegeskryf word aan ‘n skerp daling in die rand teenoor die dollar, wat die afgelope maand gemiddeld R15,85/$ was, in vergelyking met R14,72 die vorige maand. Die gemiddelde olieprys het ook van $82,50 per vat tot $83 gestyg.

“Wat ook bydra tot die hoër brandstofpryse is ‘n netto verhoging van 17,84 c/l in die jaarlikse marge-aanpassings op petrol en ‘n netto verhoging van 8,20 sent per liter op diesel- en verligtingsparaffiengroothandelpryse, met ingang van 1 Desember.”

Volg FiND iT hier op Facebook.