AfriForum en Solidariteit Helpende Hand was hierdie week in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg om die verbod op godsdienstige byeenkomste soos vervat in die COVID-19-regulasies tersyde te stel. Die Begrond-instituut en individuele gemeentes van verskeie kerke het ook deel van hierdie saak uitgemaak. Die verhoor het sy volle drie dae verloop en uitspraak is voorbehou.
“AfriForum voel positief oor hierdie saak, ons is oortuig van ons argumente se basis in realiteit en redelikheid. Ons hoop om uitspraak te ontvang voor die regering weer ’n wrede, irrasionele verbod op godsdienstige byeenkomste instel,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
*PERSVERKLARING
Lees ook: Saak teen Dundee-boer uitgestel tot Desember
Volg FiND iT op Facebook hier.



