Theuns se begrafnisprogram

Deel hierdie storie / Share this story

Van Suid-Arika se grootste sterre gaan vandag langs mekaar staan waar hulle afskeid neem van een van Suid-Afrika se grootste en gewildste Afrikaanse sangers.

Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Dozi, Kurt Darren en Bobby van Jaarsveld sal vandag die kisdraers wees wanneer Theuns Jordaan finaal gegroet word in die Moreleta-gemeente om 11:00.

Jordaan (50) het 17 November sy stryd na ‘n jaar teen leukemie verloor.

Jordaan se kis sal ingedra word terwyl “Nader my God by U” op die klavier en viool gespeel word, waarna ds. Pieter Badenhorst ‘n boodskap sal bring. “Amazing Grace” sal gesing word.

Nadat ds. Badenhorst ‘n gebed gedoen het, sal Bobby van Jaarsveld en Werner van Dalen boodskappe lewer.

Die bedankings word deur Jordaan se pa, Willie gedoen.

Die program loop dan as volg:

*Ricus Nel lewer ‘n boodskap en sing ‘n lied
*’n Videoboodskap van dr. Victor word gespeel
*Bok van Blerk sing Kaplyn
*Jacques du Plessis en Anton L’Amour sing
*David Kramer se voorafopgeneemde boodskap word uitgesaai
*Steve Hofmeyr sing sy Koebaailiedjie
*Ds. Badenhorst verduidelik hoe die verrigtinge sal verloop
*Theuns se pa lewer ‘n spesiale huldeblyk
*Die kis word uitgedra
*Kunstenaars wat die diens bygewoon het, sing ‘n kombinasie van liedere
‘*’n Militêre prosessie volg
*In ‘n laaste eerbetoon word rose op Theuns se kis geplaas