Die positiewe koers het weereens gestyg en dié keer tot ‘n kommerwekkende 6,5%.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS), is die proporsie nuwe gevalle 6.5%, ‘n styging van die 3.6% waarop dit die vorige dag gestaan het.
“Daar is 2 465 nuwe gevalle aangemeld, wat die laboratoriumbevestigde gevalle nou op 2 952 500 te staan bring.
Dit is in dié op die stadium nog nie duidelik of die B.1.1.529-variant Suid-Afrika tot die vierde vlaag sal dryf nie, sê NIOS.
Meer as 38 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen.
Die aktiewe gevalle staan tans op 18 768 en 2 843 961 persone het reeds herstel. Die sterftesyfer staan nou op 89 711 nadat daar nóg 114 nuwe sterftes aangemeld is.
Gauteng staan tans op 79% , gevolg deur Noord-Wes op 5% en die Wes-Kaap op 4%. KwaZulu-Natal en Limpopo staan elk op 3%, Mpumalange 2% en die Vrystaat, Noord-Kaap en Oos-Kaap elk op 1%.
Teen Donderdag was daar reeds 121 359 dosisse van die entstof teen die virus toegedien.



