SENEKAL. – Die fondsinsameling vir André Pienaar en die beskuldigdes van die “Senekal Protes” staan al op ’n indrukwekkende R314 789.
In totaal het 412 skenkers al tot dié fonds bygedra.
Pro Bono
Willem Petzer, voorsitter van die Taxpayers’ Union of South Africa, het hierdie inligting op sy Facebook-blad bekendgemaak. Hy sê ook dat hierdie bedrag al amper die helfte van die berekende regskostes behoort te dek.
Honderde kommentare het ingestroom waarin Willem Petzer vir hierdie inisiatief bedank word. Sommige ondersteuners het ook gevra hoekom hulle nie soek vir ’n prokureur wat Pienaar en die ander beskuldigdes se saak pro bono sal behartig nie.
LEES OOK: ‘Hulle wil ‘n voorbeeld van hom maak.’
Prokurerur
Kimberly Sassin-Schaaf, ’n praktiserende prokureur in Kimberley, het aan FiND iT veruidelik dat daar nie werklik iets soos “pro bono”-sake is.
“Pro Bono is wanneer ’n prokureur nie enige bedrag geld vir sy eie werk vra nie. Daar is steeds verskriklik baie uitgawes wat betaal moet word tydens enige hofsaak, soos byvoorbeeld die deskundige verslae. Die advokate wat betrokke is by ’n saak moet ook betaal word, dus is daar steeds uitgawes aan enige saak verbonde, al vra die prokureur geen fooie nie.”
André Pienaar
Pienaar staar tans sewe aanklagte teen hom en vyf jaar tronkstraf in die gesig, ná hy op 6 Oktober 2020, by die optog teen plaasmoorde, gearresteer is. Hy word onder meer vir brandstigting, openbare geweld, poging tot moord, beskadiging van eiendom en aanranding met die doel om ernstig te beseer, aangekla.
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels oor André Pienaar in Afrikaans hier.



