KIMBERLEY. – Kagisho Dante Sonyoni (26), die nuwe uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, is gister tydens ’n insweringseremonie ingehuldig.
Patrick Mabilo, wat nou as uitvoerende burgemeester uittree, glo Sonyoni sal ’n rolmodel vir jongmense wees en hulle inspireer om hulle studies klaar te maak.
Sonyoni is ’n Sol Plaatje-universiteitsdosent en ’n Meesters-student in ekonomie.
In sy toespraak het Sonyoni nuutverkose raadslede versoek om hul persoonlike en politieke belange opsy te sit.
“Ek wil alle raadslede versoek en uitdaag om nie sake van dienslewering aan ons mense te gebruik as ’n politieke instrument om goedkoop politieke kilometers te behaal nie.”
“Terwyl ek dalk die eer gekry het om hierdie instelling te lei, is dit slegs deur op ’n samewerkende wyse saam te werk dat ons betekenisvolle sukses as ’n instelling kan behaal en struikelblokke oorkom wat oor ons pad gegooi kan word.”
“Deur die eed het ons ons almal daartoe verbind om tot diens te wees vir die mense van die munisipaliteit, om hul belange eerste te stel en om te verseker dat ons by die wette van die land hou en sy Grondwet te beskerm.”
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer oor die burgemeester hier.



