GAUTENG. – Die saak teen Flavio Hlabangwane (26), wat liggaamsdele in sy yskas gehad het, is gister uitgestel nadat ’n aansoek dat hy vir geesteswaarneming gestuur word, aangehoor is.
Liggaamsdele in yskas
Hlabangwane staar ‘n aanklag van moord en dié van oortreding van die geregtelike doodsondersoek in die gesig, nadat hy versuim het om die liggaam van die oorledene by die owerhede aan te meld, ná die vroulike liggaamsdele in ‘n yskas in sy gehuurde kamer, ontdek is.
FiND iT het vroeër berig die liggaamsdele word verbind met ’n 23-jarige vrou van Soshanguve in Pretoria en dat die liggaamsdele deur sy vriendin gevind is.
LEES OOK: Police link skull buried in shallow grave to body parts found in Soweto fridge
Selfdoodpogings
Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die hof is ingelig dat die beskuldigde by twee geleenthede probeer het om sy lewe te neem, vandaar die aansoek dat sy geestestoestand ondersoek word.
“Die hof het verder beveel dat hy in die hospitaalafdeling van Johannesburg Korrektiewe Dienste aangehou word, aangesien hy mediese aandag of spesiale sorg kan benodig.
“Die saak is tot 30 November 2021 uitgestel.”
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.



