SANDTON. – Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) hier is vanoggend deur gewapende persone beroof en sal vir die res van die dag vir die publiek gesluit wees.
Die Sandton-DBV het vanoggend op hulle Facebook-blad bekendgemaak dat hulle pas ’n gewapende roof gehad het.
Die DBV se inskrywing bevestig ook dat hulle gesluit sal wees vir die res van die dag, maar dat alle personeel en diere ongedeerd is.
Sers. Simphiwe Mbatha, polisiewoordvoerder, kon nie die roofinsident aan FiND iT bevestig nie omdat hulle nog geen dossier ontvang het nie. “Ons het nog geen inligting oor hierdie saak ontvang nie.”
Dit is nog onbekend of enigiets tydens die rooftog gesteel is en hoeveel verdagtes betrokke was.
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.



