JERUSALEM. – ’n 26-Jarige man van Suid-Afrika is gister tydens ’n terreuraanval in Jerusalem, vermoor.
Eliyahu David Kay (26), wat ’n toergids in Jerusalem was, is deur ’n Palestynse gewapende man vermoor terwyl hy op pad was om by die Westelike Muur (Kotel) te bid. Kay is later in die Hadassah-hospitaal dood.
Beseer
Volgens ’n inskrywing op South African Friends of Israel se Facebook-blad is drie mense tydens die terreuraanval beseer en een oorlede.
Geskok
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het op hulle Facebook- en Twitter-blad gesê hoe geskok hulle is oor die wrede moord op Kay. “Die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap steier van skok. Kay is deur ’n Palestynse gewapende man vermoor terwyl hy op pad was om by die Westelike Muur (Kotel) te bid. Ons innige meegevoel gaan aan sy ouers, Avi en Devorah Kay, sy verloofde en sy familie en vriende in Israel en Suid-Afrika. Mag sy nagedagtenis ’n seën wees.”



