Sosialemediagebruikers uit hul vel ná geld-vragmotor se deure oopvlieg

Deel hierdie storie / Share this story

TikTok-gebruikers het onlangs video’s gedeel van hoe die hoofweg in Carlsbad in Amerika gelyk het kort na ‘n vragmotor wat geld vervoer het, se deure oopgevlieg het.

Motoriste het in die middel van die pad gestop en uitgeklim om van die geld op te tel.

Volgens Daily Star het die polisie later op die toneel aangekom en twee mense wat hulself per onheluk uit hulle voertuie gesluit het, in hegtenis geneem.

Demi Bagby, ‘n fiksheidsbeïnvloeder, het die oomblik op sosiale media vasgevang waar mense die geld optel en in die lug gooi van opgewondenheid.

Verder het die polisie aan Daily Mail bevestig dat hulle twee mense in hegtenis geneem het en video’s wat op sosiale media versprei word, sal opvolg.