LIMPOPO. – ’n Groep gewapende verdagtes het gisteraand omstreeks 23:00 die Malamulele-polisiekantoor bestorm en polisielede aangehou.
Die provinsiale kommissaris van Limpopo, lt.genl. Thembi Hadebe en haar bestuurspan het die misdaadtoneel besoek en die 72-uur-aktiveringsplan geïmplementeer ná die aanval van Sondagaand.
Vuurwapens
Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê sommige polisielede is agter in ’n polisievangwa gedwing terwyl een lid beveel is om die kluis oop te sluit. “Die verdagtes het R5-gewere, 9 mm-pistole, haelgewere en ‘n onbekende aantal ammunisie gesteel.
Besighede beroof
“Ná die aanval op die polisiestasie het die groep na ‘n plaaslike koswinkel en vulstasie in die omgewing gegaan waar hulle die besighede van ‘n onbekende bedrag kontant beroof het.”
Mathe sê ook dat alle rolspelers, insluitend ‘n multidissiplinêre span, bestaande uit misdaadtoneelkundiges en gespesialiseerde eenhede binne die SAPD, die toneel fynkam en na die swaar gewapende mans op soek is.
Polisiekantoor weer oop
“Die polisiestasie is nou weer ten volle funksioneel en toeganklik vir lede van die publiek is.”




