PARKTOWN. – Die polisie was op hol gejaag nadat ’n man na bewering gekaap is en vier gewapende rowers met sy motor en sy vyfjarige nefie weggejaag het. Dit het egter later geblyk die man het oor die voorval gelieg.
Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die man (23) het Sondag gerapporteer hy het saam met sy nefie gery toe vier onbekende mans hulle voorgekeer, hom met vuurwapens gedreig en hom uit die motor gedwing het voor hulle met sy nefie weggejaag het.
Polisielede het aan die werk gespring om die kind se lewe te probeer red, maar by verdere ondersoek is daar vasgestel dat die man gelieg het. Die beweerde gekaapte voertuig is by sy huis geparkeer gevind. Die seun is ook veilig gevind.
Die man is vir meineed in hegtenis geneem.
LEES OOK: Tienerseun vermis
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



