PRETORIA, – JP Koekemoer (26) is al sedert die 3de Julie 2021 in die Moot-area vermis.
Koekemoer is tans haweloos, maar het gereeld met sy familie kontak gemaak. Vandaf Julie 2021 het hy nog glad nie weer met sy familie kontak gemaak nie. Hulle is desperaat om hom te vind.
Sharon Koekemoer, JP se suster, sê sy wil net graag weet of haar broer veilig is.
Indien enigiemand vir JP sien of weet waar hy is, kontak asseblief vir Florien by 061 123 3767.
LEES OOK: Drie kinders sterf, ouma oorleef Bainskloof-ongeluk



