Tyremart in Curielaan is deur ons lesers aangewys as een van die besighede in Bloemfontein wat die laaste ruk ‘n baie goeie diens gelewer het.
Donovan Vorster, bestuurder by Tyremart, sê dis vir hulle baie lekker om genomineer te wees. Donovan werk al vir vier jaar by Tyremart en is vir die laaste jaar en ‘n half die bestuurder.
“‘n Mens is maar skrikkerig vir die.”comments”, maar dis baie goed om te weet ons kliënte is gelukkig en dat die terugvoer so positief is.”
Daar werk tans agt mense by Tyremart in Curielaan.
“Goeie kliëntediens is vir ons belangrik, want elke tweede ou verkoop bande en probeer die goedkoopste ding aan sy kliënte afsmeer. Goeie kliëntediens is al wat gaan maak dat ‘n kliënt na jou toe terugkom.
Sarah Speed sê: “Tyremart Curielaan.
Hierdie ouens het altyd ‘n glimlag, is vinnig, professioneel. Jy kry altyd die beste pryse en beste diens.”
Cherise Vorster skryf: “Ek het regtig fantastiese diens by Tyremart in Curielaan gekry. My battery moes vervang word Saterdag en ek het my babatjie saam met my gehad. Hulle het my so vinnig gehelp met ‘n nuwe battery sonder enige ‘hassles’. Sal hulle vir enigiemand aanbeveel.”



