Sekere paaie toe weens wateronderbreking

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Sekere paaie rondom die Newton-reservoir gaan gedurende die watertoevoeronderbrekingsperiode, vanaf 19 November tot 21 November, gesluit wees.

Volgens Kimberley City Info gaan ’n gedeelte van Waterwerkestraat vanaf Virgin Active tot die T-aansluiting by Reservoirweg gesluit wees. Reservoirweg tussen Waterwerkestraat en Buchananstraat sal ook gesluit wees.

Hier is die pad, wat gesluit sal wees, in rooi gemerk. Gebruik asseblief alternatiewe roetes.

Foto: Kimberley City Info