Stanley Cierenberg, digter en aktivis teen plaasmoorde, het ‘n gedig aan Brendin Horner opgedra.
Dié gedig is in sy begrafnisbrief gebruik en Cierenberg het dit ook by die Voortrekkermonument voorgelees.
Ons onthou dié dag toe die 21-jarige Brendin Horner op sy plaas vermoor is..
VIR BRENDIN HORNER
die paal waaraan jou liggaam hang sal ’n groot boom word
die stukkie grond waar jou liggaam gevind is, is heilige grond
jou pet wat in die stof lê sal ek salueer en ’n ereplek gee.
jou blonde kuif sal vir altyd in die Vrystaatse wind waai, net
soos jou brawe hande en kneukels wat nerf-af baklei is…
maar Kind, moenie worry nie, ons sal verder vir JOU baklei.
Brendin, vir jou het ek ’n lang houtleer gebou om tot by die
sterre by te kom, sodat ek ’n ster net vir jou kan blink vrywe,
wat snags vir jou ouers en familie sal knipoog.
Vir jou, Brendin Kind, sal ek ’n ekstre kleur in die reënboog verf,
Kind, jou hande sal ek in bokmelk en heuning week en met
byewas invryf totdat die pyn weg is.
Die werfetters wat hulle smerige kloue aan jou gesit het, sal
met ’n ewige dood gestraf word, tot in die laaste geslag.
Vir daai fabrieksafval-mens sal ek aan ’n teerpaal vasmaak
en die blinde sambok sal hom slaan totdat hy soebat vir genade.
Jy, werfetter, wat ’n kind doodgemaak het, sal ellende in die oë staar.
Brendin Kind, vir jou stuur ek ’n engel om jou vas te hou en jou familie
te troos tot in alle ewigheid.
© Stanley Cierenberg 2020



